Login to make your Collection, Create Playlists and Favourite Songs

Login / Register
Van Potholes Tot Poachers en Ice Baths
Van Potholes Tot Poachers en Ice Baths

Van Potholes Tot Poachers en Ice Baths

00:00:48
Report
In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees. Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste bewustheid mense kan help op hul lewenspad en hoekom hierdie praktyk in ’n moderne wêreld nog so relevant is. Ons plunge (ja, in yswater) reg in die wêreld van koue-terapie of "ice plunging". Hoekom gooi mense hulleself vrywillig in yskoue baddens? Is dit net ‘n trend of is daar werklik voordele vir jou liggaam en gees? Ahanu verduidelik hoe ice plunging spanning verlig, die immuunstelsel bevorder en jou geestelike balans verbeter. Terwyl ons praat oor innerlike balans, verloor sommige ministers heeltemal hulle balans met hul absurde stellings. Van potholes tot poachers, Suid-Afrikaanse politici was die afgelope ruk in topvorm met kwytskeldings wat jou laat lag en huil op dieselfde tyd. En dan is daar komkommers en pickles — die span se persoonlike ervarings van die afgelope naweek! Om dinge af te sluit, spoel Matthys sy mond uit oor HIV/AIDS —’ n onderwerp wat steeds stigma dra, maar waaroor eerlik gepraat moet word. Wil jy meer weet oor sjamanisme en koue-terapie? Kontak vir Ahanu van Namaskar Wellness Hub by https://namaskartmt.co.za/ of 081 773 4477. Luister nou en maak gereed vir ’n wilde rit deur ys, spiritualiteit en Suid-Afrika se mees absurde politiek! Namaskar Wellness Hub · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Van Potholes Tot Poachers en Ice Baths

View more comments
View All Notifications